Vrees skrik nie af nie

VREES SKRIK NIE AF NIE
Die Burger, 10 Desember 1977, bladsy 10

Dit behoort tot die eienaardighede van ons menslike bestaan dat ons in die meeste gevalle nie van skadelike en verkeerde dade of gewoontes ‘n sekere onverskilligheid oor die realiteit van afgeskrik word deur die vrees vir die slegte gevolge daarvan nie. Om die een of ander rede glo ‘n mens blykbaar dat jy tog maar uiteindelik sal ontkom aan die ergste, selfs al volhard jy op ‘n weg waarvan almal jou waarsku dat dit gevaarlik is.

Hoeveel rokers het werklik opgehou om te rook nadat sekere wetenskaplikes gewaarsku het dat die oormatige rook van sigarette longkanker kan veroorsaak? Hoeveel van ons dissiplineer onsself werklik in ons eetgewoontes, hoewel dit voortdurend aan ons voorgehou word dat baie van ons kwale na verkeerde eetgewoontes teruggevoer moet word? Hoeveel misdadigers Iaat hulle afskrik van diefstal of moord op grond van daaglikse berigte oor swaar· strawwe wat aan ander misdadigers opgelê word?

‘n Mens kan ook na ‘n saak kyk wat nog ernstiger is. In die kerk weet ons al eeue lank dat ‘n soort prediking waarin die oordeel van God oor die sonde met groot helderheid en patos verkondig word, op sigself nie daarin slaag om mense werklik hartgrondig en blywend tot bekering te Iaat kom nie. Hulle mag vir ‘n kort tydjie onder die indruk daarvan kom. Sommige mag hul lewe in sekere opsigte verbeter.

Maar sodra die indruk wat die prediking oor die verdoemenis gemaak het, vanweë die tydsverloop verflou, keer hulle maar weer na hul ou lewe terug. Die vernaamste uitwerking is dat daar ‘n sekere afstomping by hulle ingetree het, ‘n sekere onverskilligheid oor die realiteit van die verderf, net soos daar by ‘n soldaat op die slagveld wat voortdurend onder die bedreiging van die dood lewe, ‘n bepaalde afstomping intree, sodat hy selfs onverskillig kan word oor die dood.

Vrees alleen is klaarblyklik nie genoeg om ‘n·mens af te skrik van dit wat verkeerd is nie. Die genot van die moment of die voordeel op korttermyn is dikwels vir ‘n mens werkliker en aanlokliker as òf die rekening wat later betaal moet word of die beloning wat later verwag kan word. Daarom help dit so min om op mense ‘n beroep te doen om  brandstof te bespaar en aan hulle die noodlottige gevolge voor te hoµ van ons roekelose verbruik van ons energie bronne.

Dit het ook weinig effek om aan mense te vertel dat ons met ons beskawing besig is om ons eie lewensruimte en die van ons nageslag te vernietig. Mense word selfs kwaad as jy aan hulle vertel dat, as hulle nie hulle Iewenswyse verander nie, ons almal saam afstuur op volkome frustrasie.

Blykbaar kan·’n mens, selfs in die aangesig van die ernstigste waarskuwinge, nie aan die suigkrag daarvan ontkom om die tak te wil afsaag waarop jy sit nie. As God ons nie deur sy Gees aanraak en verander nie, word ons geboei deur die dood.  – WDJ