UIT TUKKIELAND
KANDIDATE VIR STUDENTERADE
(Willie Jonker)
Hierdie seun van ons volk het die Lichtenburgse lig vir die eerste keer in 1929 gesien. Hy het egter nie klein gebly nie, maar in 1945 as hoofseun van die skool matrikuleer.
In 1946 kom hy na Universiteit Pretoria en hier het hy die weg geopen vir die huidige Sondagaand-plateprogramme deur dit in 1947 en 1948 onder sy sorg te neem. In 1948 dien hy op die CSV-bestuur, is subredakteur van “Perdeby” en voorsitter van Woordkuns.
1949: Redakteur “Perdeby,” en kry ook ‘n aanstelling as lektor in Afrikaans. 1950: Sonop-huiskomitee, VSR. en SSR.
1951: Hy dien weer op bg drie besture – die keer as ondervoorsitter van die HK, ondervoorsitter van die VSR en sekretaris van die SSR.
Algemeen: Sy nooientjie dra reeds met trots ‘n ring. Behalwe in haar, stel Willie ook belang in musiek en letterkunde.