Resensie – The Knowledge of the Holy

RESENSIE – THE KNOWLEDGE OF THE HOLY
in NGTT

A.W.Tozer: The Knowledge of the Holy. STL Books. Bromley, Kent. Kingsway Publications, Eastborne. Eerste uitgawe 1961. Laaste druk 1987.

Ons het hier nie met ‘n wetenskaplike boek te maak nie, maar met ’n werk wat op die terrein van die spiritualiteit beweeg. Die skrywer gee egter talle blyke daarvan dat daar grondige studie agter sy meditatiewe werk aanwesig is. Die opset van die boek is dat die eienskappe van God behandel word op sodanige wyse, dat dit die leser tot aanbidding aanspoor. Die boek word van harte aanbeveel. Studente in die teologie kan vind dat die lees van ’n boek soos hierdie in hulle stiltetye daartoe kan meewerk dat die dogmatiese leer aangaande God vir hulle veel meer as ’n akademiese saak sal word. – W.D. Jonker.