DIE WONDER IS …
(Ongedateer)
- dat daar iets is en nie niks nie
- dat daar lewe is en nie net dood nie
- dat daar bewussyn is
- dat daar intelligensie is
- dat daar persoonlike kommunikasie is
- dat daar ’n sin vir waardes is
- dat daar liefde is
- dat daar ’n geloofsantwoord is op die stem wat uit alles tot ons kom – die WONDER wat alleen GOD SELF kan wees. Sonder dié laaste en diepste antwoord kan ’n mens van die materie sélf jou god maak, maar dis benede-menslik – dis om op net ’n oneindig hoër vlak – DIER te bly.