HULDEBLYK AAN PROF WD JONKER
13 April 1992
Toe ek so ‘n tyd gelede gevra is om hierdie huldeblyk aan prof Jonker te bring, het ek onmiddellik ingestem. Ek het dadelik besef dat dit vir my ‘n wonderlike voorreg sal wees om dit te kan doen. Onwillekeurig het ek teruggedink aan die kere wat ek vasgenael gesit en luister het na prof Jonker se lesings, heeltemal meegevoer oor wat hy sê én die besondere manier waarop hy dit doen. En dan het die gedagte soms aan die einde van so ‘n lesing by my opgekom dat ek wens dat ek eendag die geleentheid sal kan hê om vir mense iets oor prof Jonker te kan sê. Wat ‘n mens die meeste aanspreek is nie bloot net wat hy sê nie maar ook hoe hy dit sê, die besondere manier waarop hy inligting oordra.
Na so twee dae het die volle omvang van wat ek moet doen my eers getref. Wat sal ek in 15 minute oor prof Jonker kan sê? Wat laat ‘n mens uit en wat sê jy? Dit is onmoontlik om die impak wat prof Jonker op ons as studente gehad het, maar ook op die teologie as geheel, in vyftien minute te beskryf. Daarom was die gedagte om iets met u te kom deel vanuit die hart, van ‘n student, om nie bloot maar net te kom weergee wat reeds oor hom geskryf is nie. Dit is immers die verhouding waarin ons met hom staan, dié van student teenoor dosent.
Binne die beperkte tyd tot my beskikking deel ek graag enkele indrukke met u. So ‘n huldeblyk sal egter onvolledig wees indien ek nie ten minste enkele grepe uit prof Jonker se curriculum vitae aan u voorhou nie.
(Beknopte curriculum vitae: WD Jonker)
Verskillende studente sal heel waarskynlik verskillende herinneringe en ervarings van prof Jonker deel. Ons is immers hoogs persoonlik en subjektief betrokke by so ‘n meningsvorming.
Daar is egter paar gemeenskaplike indrukke aangaande prof Jonker wat na vore kom wanneer ‘n mens met jou medestudente oor hom begin gesels. Eén so ‘n gemene deler is dat prof Jonker aan ons as studente wou oordra om Skrifteoloë te wees. Die heel eerste waarmee ‘n student in die teologie hom moet besig hou, is die Heilige Skrif wat alléén vir ons die lig op ons pad en die lamp vir ons voet is. Daarom dat hy dan ook menigmaal aan ons dié beginsel deurgegee het; die dogma word nie op sigself en ter wille van sigself bestudeer nie, maar dit gaan wesenlik om die studie van die Woord van God.
Daarin lê ook vir hom die geheim van die prediking. Die prediking geskied, soos die titel van een van sy publikasies aandui, met Die Woord as opdrag. Daarom dat ons ook deurgaans prof Jonker se prediking as suiwer Woordverkondiging ervaar het.
Iemand het jare gelede vir ‘n berig in die Polumnia, die jaarblad van die Kweekskool, vir prof Jonker gevra wat sy lewens-motto is. Sy antwoord was soos volg: “My lewe was so vol verrassings, aangename sowel as onaangename verrassings, dat alle moontlik objektief geformuleerde motto’s my uit die hand geslaan is. Wat ek wel uit dit alles geleer het (en nog elke dag opnuut moet leer), is dat ‘n Christen nooit mag wanhoop oor ‘n situasie en hom daarby mag neerlê asof daar verder niks goeds meer kan voortkom nie. God het altyd nuwe en ongedagte moontlikhede agter die hand wie in die opstanding van Christus glo, moet daarmee reken dat God met sy talle nuwe moontlikhede ook nog wag waar die pad doodloop.”
Hierdie lewensuitkyk is voorwaar een wat die lewe van prof Jonker kenmerk. Ons ken hom as iemand wat ‘n besonderse liefde vir die kerk van die Here Jesus Christus het, en dit is veral wat die kerk betref dat hy hierdie lewensfilosofie uitgeleef het.
In sy klasse, maar ook in die kerklike lewe na buite, het hy nooit gehuiwer om te sê wat hy dink reg is nie. Daarom is dit so ironies dat dit juis hy – die een wat eens op ‘n tyd verguis is deur die kerk – dat dit juis hy was wat namens die NGK die noodsaaklike, maar sekerlik ook tydige skuldbelydenis tydens die kerkeberaad op Rustenburg moes doen. Hierin was prof Jonker getrou in wat hy altyd vir sy studente beklemtoon het: “Menere, ‘n belydenis is nie iets wat sommer net gesê word nie, dit word uit jou gepers. Wat meer is, hy was ‘n genooide spreker na hierdie beraad, ook ‘n bewys dat daar nooit aan sy integriteit getwyfel word nie.
Die kerk is en bly vir hom ‘n reformerende kerk, en daarom sal die kerk, in sy eie woorde, voortdurend biddend moet bly om in nederigheid en beskeidenheid, bewus van eie feilbaarheid, enkel na Gods Woord te luister.
Ons as sy studente, maar ook die wêreld daarbuite, neem nou die nawerking van sy invloed waar. Die aanvanklik minderheidstandpunt het nou die meerderheidstandpunt geword. Die geslag studente wat sedert sy aankoms hier in 1971 onder hom gestudeer het, is nou gevestigde predikante en akademiese leiers aan universiteite en elders. Hul invloed in die kerk word nou beleef.
The more we look at history, the more we discover how Prof Jonker made his influence felt in an unobtrusive way. Th is was not done to steal the limelight, but rather to serve the church of Jesus Christ in a true and honest way. His way of life reflects his convictions, his faith and his philosophy of life. He is a man who knows how dependent he is on God, and who therefore does not flaunt himself.
In the academic field, we got to know Prof Jonker as someone who possesses a brilliant mind. A man who realises that he has been blessed by God with an above-average mind and ability. He does not regard this as his due and could therefore devote it to the task for which God had called him. His own life is characterised by such humbleness and dependence on God that his beliefs are served and broadened, and not threatened, by his academic integrity and critical frankness.
In the lecture hall, where he often opened his heart to students who were sometimes reluctant to listen, he did not concentrate only on academic teachings. Here he also used the opportunity to speak of the work of Jesus Christ as the Mediator – we often heard: “Gentlemen and ladies, Jesus, only Jesus or about the truth of the prayer which he learnt as a child, that “the blood of Jesus Christ washes away all our sins”.
Prof Jonker has never tried to live a spectacular life. He has always acted with conviction, without feeling that he was accountable to others. Even though it has led to unfair criticism, his calling before God has always been the direction indicator in his life. What is remarkable, therefore, is his sincere devotion to the task for which God had called him.
We shall remember prof Jonker as the man with the soft yet authoritative voice. His courage to express and live that in which he believes, at times made him controversial, but for this very reason he will not only be remembered, but his presence will also be felt when we have to ask or answer questions in a specific context.
He is humble man who is always willing to step aside, but who commands great respect. Someone who understands students; who has always shown compassion; someone who has the ability “to listen with undivided attention; who is always willing to explain once more and in such a way as to make complex dogmatic issues easy enough for everyone to understand. He had a warm personality which is infectious; someone who always greets one with a disarming smile. A student once said: The English expression “practise what you preach”, changed to read – “keep on preaching what you practise”, can be applied to Prof Jonker – truly an example worth following.
Ek wil afsluit deur vir u ‘n staaltjie te vertel wat prof Jonker eenmaal in die klas vir ons vertel het. Die rede hoekom ek dit wil vertel is nie om sommer net iets te vertel nie, maar ek sal daarna ook vir u die redes gee waarom ek dit vertel.
Ons was in ons vierde jaar hier op Kweekskool. Waaroor die spesifieke lesing gehandel het, kan ek nie meer so goed onthou nie, maar dit is ook nie nou so ter sake nie. Ons het in elk geval in ‘n stadium oor die grootheid van God gepraat toe prof Jonker die volgende vir ons vertel het: In sy studentedae het hy ook, soos baie ander studente, in sy vrye tyd uitgegaan om sendingwerk te gaan doen. So het hy dan ook op ‘n dag by ‘n man gekom met wie hy ‘n gesprek aangeknoop het. Die gesprek het oa ook by die grootheid van God uitgekom. Hy het dan ook, soos dit ‘n goeie student betaam, alles probeer om aan die man die grootheid van God te verduidelik. Die probleem het egter ontstaan deurdat die man wou weet hoekom – as God dan so groot is – die man Hom dan nie kan sien nie. Ook wat dit betref, het prof Jonker sy bes probeer maar sonder sukses. Einde ten laaste het hy klein miertjie op die grond sien loop en onmiddellik het ‘n idee hom te binne geskiet.
Hy vra die man toe of hy die miertjie sien. “Ja”, sê die man. “Ek sien hom. Prof Jonker verduidelik toe soos volg aan die man: Daardie miertjie is so klein, en jy is so groot dat hy jou nie kan raaksien nie. So is dit ook met God. Hy is so groot en ons as mense is so klein dat ons Hom nie kan raaksien nie. Dit moet die oplossing wees, het hy gedink. Nou sal hy begryp hoe groot God is. Die man het die miertjie so gesit en kyk, later opgekyk na prof Jonker en net die volgende gesê: “Hy sal my SIEN”.
Vriende, dié ondervinding van prof Jonker het my bygebly. Nie ter wille van die verhaal self nie, maar elke keer as ek daaraan dink, het daar twee gewaarwordinge by my opgekom. Die een, prof Jonker, is dat ek – en ek wil glo dat baie van ons wat hier sit, werklik klein voel in u teenwoordigheid, maar dat u ons tog raaksien. Die ander gewaarwording, die belangrikste een wat ek ervaar wanneer ek daaraan dink, is dat u met die hulp van ons Hemelse Vader tog daarin geslaag het om soms, al is dit net soms, vir my en vir baie ander die Onsienlike te laat sien.
Ek dank u.
Willem Venter – BTh 3