‘VERRAAIERS’
Maar hulle saadjies het ontkiem
en vrugte gedra
Die NG Kerk het vandeesweek afskeid geneem van een van sy vroegste profetiese stemme teen apartheid met die gedenkdiens vir prof Ben Marais. Naas hom was daar ook mense soos Beyers Naudé, David Bosch, Adrio König, Willem Nicol, Nico Smith, Piet Meiring, Eddie Bruwer, Johan Kinghorn, Ferdinand Deist, Willie Jonker en Johan Heyns wat op verskillende maniere en verskillende tye teen apartheid gekies het – en wie se paadjies nie altyd maklik was nie.
~ Neels Jackson
Naweek-Beeld, Saterdag 6 Februarie 1999, bladsy 6