VREESNAG OP DIE HOËVELD
Hier sit ek in die staalblou vlok
van lamplig, pyn en vrees gerok
en bo my brand die lout van tyd
tot in sy laaste greintjie uit.
My pen kras oor ’n waswit blad
sy onverstaanbre lydingspad
en woorde druppel, heet soos vuur,
tot letters op die bleek papier.
Maar buite strek vanaf die ruit
die vlaktes wyd en rustig uit.
WILLIE JONKER
[’n Gedig van WD Jonker uit Trek, 1948 36(44), 19.]