Worsteling en wete

WORSTELING EN WETE

Snags tussen middernag en dageraad
leef ek tussen my vier mure,
vasgevang, ver van droom of daad,
in die net van hierdie ure.
Dan druk in my die donker las
van die bewustheid van die aarde —
en tussen spieël en boek en kas
hang ek verward en tel die waarde
van my lewe op my vingerpunte af:
My AARDSE liefde, AARDSE lag,
AARDSE vrees en ‘n AARDSE graf.
So wag ek op die aanbreek van die dag.

W. JONKER
[’n Gedig van WD Jonker uit Trek, 1950 38(46), 9]