Brand Bybels teen apartheid

BRAND BYBELS TEEN APARTHEID
Oosterlig, Briewekolom
Anoniem

Ek het Donderdag 8 November 1990 na die nuus om 6.15 geluister en die woord apartheid sowat agt maal gehoor, maar ek kan nie begryp wat die mense bedoel nie.

‘n Paar voorbeelde: Daar is apartheid tussen my en Griek, daar is apartheid tussen my en Jood, tussen my en Rooms-Katoliek, daar is apartheid tussen kerke. So kan ons aangaan en daar is geen kwaad tussen ons nie.

Wat is dan die probleem met die apartheidstorie van mense, waarvan hulle nooit genoeg kry nie.

Ek dink ek het vir u die antwoord. Die ander bybels ken ek nie so goed nie. Kom ons vat al die Afrikaanse Bybels, gooi dit op een hoop om te verbrand en u het apartheid met wortel en tak uitgeroei.